Onthoofde vrou het nog oorbelle aangehad

Die Namibiese vrou wat Vrydag op ‘n treinspoor onthoof gekry is, het nog goue oorbelle aangehad. Elna-Marie Abbott (29), wat op 27 Maart as vermis aangemeld is, het volgens die polisie in Namibië kort voor haar verdwyning dreigemente op haar foon gekry. Volgens Die Informante, ‘n plaaslike koerant in...

Die Namibiese vrou wat Vrydag op ‘n treinspoor onthoof gekry is, het nog goue oorbelle aangehad.

Elna-Marie Abbott (29), wat op 27 Maart as vermis aangemeld is, het volgens die polisie in Namibië kort voor haar verdwyning dreigemente op haar foon gekry.

Volgens Die Informante, ‘n plaaslike koerant in Namibië, het Abbott ‘n swart baadjie ten tye van haar dood aangehad. Sy is reg langs die treinspoor op haar maag gevind. Haar kop is sowat 10 meter van haar lyk gekry. ‘n Treinkondukteur het op Abbott se lyk afgekom.

Abbott se motor was vermis, maar is laat Vrydagmiddag in die ondergrondse parkeerarea van die Merensky Towers in die middestad gekry, slegs 2 km van waar haar lyk gevind is.

Die Informante, het berig ‘n voorlopige ondersoek het gewys Abbott het haar motorsleutel by die ontvangs van Merensky Towers ingehandig. Sy het na bewering vir die ontvangsdame gesê ‘n man van Suid-Afrika gaan die motor later kom haal.

Nadat die polisie die kar deursoek het, het hulle verskeie persoonlike besittings soos haar selfoon, drie sakke met klere, nagklere, boeke en grimering in haar motor gevind.

Nog ‘n Namibiese koerant, Die Republikein, het berig daar is ‘n Engelse en ‘n Afrikaanse brief in Abbott se motor gevind. In die briewe is kontakbesonderhede van ‘n familielid, by wie die persoon wat haar motor vind, die motorsleutel kan kry.

Familielede van die oorledene weier om te glo dat Abbott haar eie lewe, soos die ondersoekbeampte bespiegel, geneem het. “Ons het ook gedink sy het haar eie lewe geneem na haar liggaam gevind is, maar nou het die dreigende boodskappe op haar foon aan die lig gekom,” het familielede aan Die Informante gesê.

Volgens gerugte het Abbott einde Februarie by die hotel, waar sy ‘n sjef was, bedank. Sy was ten tye van haar dood werkloos.

Abbott is die niggie van die sangeres Elizma Theron.

“Die aarde gaan die spore mis wat jy nog moes trap, maar die spore wat jy agterlaat, is die van liefde wat vir ewig in ons harte sal bly. Dis so onregverdig dat ons nooit weer ‘n Kersfeesbed gaan deel nie, dat ons nooit weer saam gaan lag nie.Ons gaan daardie lag so mis. My hart is so seer Ella. Daar is soveel vrae. Ons almal vra vir Jesus om antwoorde te gee, om ons te help wys wat gebeur het en om geregtigheid te laat geskied. Jy sit nou daar langs Hom weet ek, asb. vra Hom ook om ons te help. I’m jealous of the angels around the throne tonight. Rus sag my liewe Ella,” het Theron Sondagaand op haar Facebook-blad geskryf.

Elna-Marie
Foto: Facebook
Elna-Marie en Elizma
Foto: Facebook

Kyk: Winkelsentrum in Lesotho loop onder storm deur

NB-Uitgewers maak wenners van jeugromankompetisie bekend

Daily lotto uitslae vir 15 April 2024

Ray en sy Jessica vier sewende huweliksherdenking

Ietermagog van onwettige handel gered

Kyk: Donderstorms saai verwoesting in Margate

Skuil daar slange in jou huis?

Twee seuns verdrink tydens skooluitstappie

Radio-omroeper se debuut in tweede druk

Rudi Claase stel ‘Afrikaans het Gees’ weens swak gesondheid uit

Seun se familie opgespoor

Twee vir ‘knopkieriemoord’ in aanhouding

Werner de Jager in tronk dood

Werksgeleentheid: Logistieke Bestuurder

Werksgeleentheid: Finansiële Bestuurder

Man wat met dubbelmoord-ondersoek kan help, gesoek