Jacob Seboko (79) is een van die 9 955 eerstejaars wat by die Universiteit van Noord-Wes geregistreer het. Seboko is een van die 1 571 studente op die Vaalrivier-kampus.
Seboko, oorspronklik van Heilbron, wat sy skoolloopbaan in 1966 voltooi het, dra met trots sy pers eerstejaar T-hemp. Seboko, wat deur sy mede-studente “Madala Jacob” genoem word, is gewild onder die ander eerstejaaarstudente .
“Jy is nooit te oud om iets nuuts te leer nie”
Seboko, wat vir verskeie vakke geregistreer is, hoop om in 2020 vir toelating tot die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) te kwalifiseer. Sy uiteindelike doelwit is om ‘n professionele opvoeder te wees.
“En nie net die gewone nie, maar iets groots, iets wat kan verander hoe jy die wêreld sien en verstaan. Ek het nog altyd die begeerte gehad om onderrig te gee en as ek nog kan, sal ek graag ‘n onderwyser wil wees. Ek het ‘n kop vir syfers en het ‘n talent vir rekeningkunde en ekonomie, albei vakke wat ‘n groot behoefte het aan gekwalifiseerde onderwysers.”
Terug universiteit toe na 23 jaar
Dit is egter nie Seboko eerste ervaring in hoër onderwys of by die universiteit nie. Hy het in 1996 ‘n Baccalaureus-graad in Openbare Administrasie by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys se Vanderbijlpark-kampus voltooi.
Daarna het hy ‘n diploma in Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (VBOO) deur Unisa voltooi.
wat as ‘n BOOV-opvoeder beoefen het, toenemend die behoefte gevoel om die ure van eensaamheid te vul deur geestelik fiks te bly.
Hoekom weer gaan studeer?
Seboko, wat meer as ses dekades voor sy klasmaats gebore is, het aanvanklik ingeskryf vir die graad omdat hy eensaam gevoel het na sy vrou se dood in 2009. Hy het dus die behoefte gehad om die ure van eensaamheid te vul deur geestelik fiks te bly.
“Ek het soveel tyd op my hande gehad en deur die genade van God is ek steeds geseënd met goeie gesondheid,” verduidelik Jacob.
Hy voeg by dat onderwys ‘n manier vir hom is om besig te bly en terselfdertyd ‘n lewenslange droom te bereik.
Sy raad aan mede-studente
“Ek sou graag wou dink dat ek hulle motiveer om hul opleiding ernstig te neem. Daar is diegene wat sê dat my tyd verby is, maar ek glo in volharding. En hulle sal kom om te sien: opvoeding verander ‘n mens se wese. Dit verneder jou, maar lig jou ook op. Onderwys is ‘n seën. ”