Ontmoet ‘n toergids van Kimberley

Lees ook :

Jaco Powell (48) ‘n gebore Kimberliet, wat lief is vir die natuur en om kinders bewus te maak van natuurbewaring, is al vir die afgelope 21 jaar ‘n toeroperateur en toergids is.

Hy sê dit is ontsettend kommerwekkend hoe die besoeksyfer na Suid-Afrika die laaste jare daal.

“Ons het ‘n pragtige land, maar die wêreld ekonomie, misdaad en algemene onrus werk teen ons as land,” sê hy verder.

Agtergrond

Jaco het sy skool loopbaan aan die Laerskool Eureka begin waarna hy sy matriek aan Hoërskool Diamantveld voltooi het. Hy het B.Sc dierkunde en insekkunde aan die universiteit van die Vrystaat studeer.

Jaco vertel dat hy sy liefde vir die natuur by sy ouers geërf het. Altwee was groot natuurliefhebbers. “My pa was ‘n onderwyser by Elizabeth Conradie Skool en my ma die koshuismoeder van die Hoër Tegniese skool. My pa het ekstra klasse aangebied en my ma het gebak, om vir ons Nasionale Park vakansies te kan betaal.”

Daaglikse lewe

Jaco is nie net ‘n toeroperateur en toergids nie, hy is ook ‘n fotograaf wat fotografietoere doen. Hy doen ook wildkatalogus fotografie.

Hy was nog altyd ‘n groot natuurliefhebber en daarom geniet hy dit om toeriste na natuur gebied en parke regoor Suider-Afrika te neem. “Wat is beter as om belangstellendes ons ryk natuurerfenis te wys en te verduidelik hoe dit alles inmekaar pas?” vra hy

Hy bied ook toere vir persone in rolstoele aan. “Een van die busse in my vloot is toegerus met ‘n hidroliese hyser om rolstoele toegang tot die bus te gee.”

Bewaar ons land

Jaco wil graag ‘n skoletoer aanpak waar hy skoliere meer wil vertel en bewus maak van die bewaring van ons natuur. “Ek glo dat alles rondom ons kan deur opvoeding verbeter word. Ons het dus nodig om ons kinders die natuurlike omgewing te wys en te verduidelik hoe alles van mekaar afhanklik is.”

Voorts vertel hy dat rommelstrooiing, ontbossing, vermorsing van water, brande en gifstowwe ons toekoms bedreig en deur die regte opvoeding en kennis uit te dra, kan die natuur ‘n kans gegee word.


“Ons wil aan die kinders prakties demonstreer hoe vullis in die sisteem bly en skade aan die natuur doen. Ook hoe ‘n tekort aan water alles rondom benadeel. Ons wil nie net probleme uitwys nie, maar ook oplossings bied!”
Hy beklemtoon dat die bou van insek-en voël nesplekke, verwydering van rommel, waterbesparing wenke alles kan bydrae tot ‘n beter toekoms.

Ken die natuur

Gedurende ‘n wildrit kan dinge maklik skeefloop en die natuur bly die natuur, daarom is dit belangrik dat ‘n toergids die nodige kennis van die gevaartekens moet ken. “Kennis van die natuur is die belangrike as dit by wildritte kom. Dit is hoogs noodsaaklike om diere se drag te interpreteer om gevaarlike situasies te vermy. Indien ‘n gevaarlike situasie wel ontstaan, is dit belangrik om kalm te bly en die veiligheid van beide mens en dier te verseker.”

“Maar die lekkerste van my werk is die feit dat my kantoor, die natuur is!”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App