Die twee verdagtes wat vroeër die week uit Pampierstad se aanhoudingselle ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Inbraak
Oageng Sehemo (21) en Thembile Lawrance Fuba (28) staan tereg op aanklag van inbraak by ’n sakeperseel.
Weer in hegtenis geneem
Luidens ‘n polisieverklaring is Sehemo Donderdagoggend op Hartswater deur ’n polisieman wat nie aan diens was nie, gearresteer. Fuba is later in die Thagadiepelajang- nedersetting in hegtenis geneem na inligting deur die gemeenskap aan die polisie gegee is.
Gemeenskap word bedank
Die stasiebevelvoerder van Pampierstad, lt.-kol. Morebodi het die lede van die gemeenskap vir die inligting bedank. Hy bedank ook sersant Kagiso Gaebee dat die man in hegtenis geneem het, al was hy nie in diens nie.
Hof
Die verdagtes sal binnekort in Pampierstad se landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.