Ontvoerde meisie gevind

Lees ook :

Amahle Mthimkhulu (8) wat op Woensdag 23 Oktober 2019 buite haar skool, Dawnview Primary School in  KwaDukuza ontvoer is, is ongedeerd gevind.

Amahle is na bewering in King Shakastraat, net buite haar skool, ontvoer terwyl sy gewag het vir haar vervoer om haar te kom haal.

Soektog

Die KwaDukuza-polisie saam met Umhlali K9-soek-en-reddingspan, KwaDukuza-munisipaliteit, ‘n plaaslike veiligheidsmaatskappy, sowel as die gemeenskap van KwaDukuza het twee na die vermiste agtjarige kind gesoek. Die KwaDukuza-polisie het ook gedurende die twee dae drie soekoperasies gehou om Amahle Mthimkhulu te probeer opspoor.

Verdagtes aangekeer

Op Vrydag 25 Oktober 2019 ongeveer 10:52 het KwaDukuza-polisie-speurders, saam met die Umhlali K9-soek-en-reddingsspan, Ilembe-taakspan en Hawks Security twee verdagtes gearresteer vir die ontvoering van die vermiste Amahle Mthimkhulu. Die verdagtes, 26 en 30 jaar oud, is na ’n soektog van twee dae in ’n winkelsentrum in Durban aangekeer.

Die vasberade span het baie leidrade gevolg om albei die verdagtes vas te trek. Albei verdagtes is op Umhlanga gearresteer op aanklag van ontvoering. Hulle sal vandag in die landdroshof in KwaDukuza verskyn.

Herenig met haar ma

Amahle is veilig in haar ma se arms. Die agtjarige is ongedeerd gevind. Amabal se ma, Mbali Mzimela (30), sê sy is oorweldig deur die werk wat deur die polisie gedoen is, saam met die polisie se K9-soek- en reddingspan. “Ek het geen woorde nie, ek weet nie hoe om almal te bedank nie, net God weet hoe my hart spring oor die werk wat hulle gedoen het om my dogter te vind.” Sy bedank al die lede wat ook deelgeneem het aan die verspreiding van die nuus en na haar dogter gesoek het.

Stasiebevelvoerder, brig. S.F. Mhlongo, raai die gemeenskap aan om vermiste persone te rapporteer en saam met die polisie te werk om vermiste persone vinniger op te spoor en om te verseker dat daar meer doeltreffend gewerk word en ’n meer positiewe uitkoms bereik word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App