Oorsig inspeksie by rioolplaas weens veiligheidsrisiko gekanselleer

Lees ook :

’n Oorsig inspeksie van die watersuiweringsaanleg in Homevale is deur, Sabelo Mkhize, die waarnemende bestuurder van dié rioolplaas gekanselleer.

Andrew Louw, DA-premierskandidaat in die Noord-Kaap, sê Mkhize het op die laaste nippertjie die inspeksie uitgestel. “Weens veiligheid redes het Mkhize versoek om die inspeksie tot Donderdag of Vrydag uit te stel. Ons probeer sedert verlede week die inspeksie reël. Die uitstelling is verdag,” sê Louw.

’n Voormalige bestuurder en ’n voormalige werker, albei met meer as 25 jaar diens by die watersuiweringsaanleg , het wel gereed gestaan om Louw na die rioolplaas te vergesel.

Voorts sê hy: “Dit word ’n gewoonte vir gefabriseerde krisisse om net voor ’n verkiesing op te duik. Hierdie sogenaamde krisse word dan deur ongemagtigde uitgawes gevolg. Ons is gereed vir die inspeksie. Aan die einde van die week gaan ons self sien wat hier aangaan.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App