Oud-Springbok maak draai op Eureka-rugbyveld

Lees ook :

Danie Gerber, oud-Springboksenter, het Woensdagmiddag ’n draai gaan maak by Laerskool Eureka se o/13A-rugbyspan se oefening.

Danie, wat dit geniet om met jong rugbyspelers te werk, vertel hy sal observeer en kyk waar spelers se foute lê en raad gee, maar nooit sal inmeng by die afrigter se werk nie.

Ontwikkel vaardighede van spelers

Hierdie oud-Springbok lê veral klem op die belangrikheid van vaardighede by die jong spelers. “Almal kan hardloop, maar almal kan nie ’n bal vang en aangee nie,” sê Danie. “In enige balsport moet jy eers die basiese goed leer, voordat jy die game plan kan leer.”

Dit is vir Danie kommerwekkend dat te veel skole meer fokus op die wedstrydplan as op die basiese goed soos balle vang en gooi.

Voorreg om Springbok te speel

Danie motiveer jong spelers deur vir hulle te vertel dat hyself eers op die ouderdom van 13 begin rugby speel het. “Ek sê ook vir hulle hoe lekker en watse voorreg dit is om ’n Springboktrui oor jou kop te trek,” sê Danie aan FiND iT. “Die toere is baie lekker en hulle moet ook onthou dat daar kinders is wat nie kan rugby speel nie.”

Hy sê ook dat ouers moet aanhou om hulle kinders te motiveer. “Ons verloor soms goeie spelers weens negatiewe aspekte, maar spelers en selfs hulle ouers moenie moed verloor nie.”

Geleenthede in die lewe

Danie sê daar is vir almal ‘n geleentheid in die lewe. Sommige spelers draf al vroeg in hulle loopbaan uit vir die Bokke terwyl ander eers in ‘n latere stadium die geleentheid kry om die groen en goud te dra.

New Vaal Motors Kimberley borg Mercedes-Benz GLC250d vir Danie Gerber se besoek in Kimberley.
Die GLC250d is ‘n SUV met 4MATIC-aandrywing en 9 spoed-ratkas. Die GLC250d lewer 150 Kw en 500 nM wringkrag met uitstekende brandstofverbruik en genoeg ruimte in die kajuit vir ‘n gesin.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App