Pasiënte se menseregte word geskend deur gesondheidsdepartement, sê DA

Lees ook :

Die DA in die Noord-Kaap het die provinsiale gesondheidsdepartement aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gerapporteer. Dit spruit uit die onvermoë van dié departement om die waterinfrastruktuur in stand te hou en ook nie die nodige gesondheidsdienste aan die gemeendskap van De Aar te kan verskaf nie.

Andrew Louw, DA-premierskandidaat sê: “Die hospitaal sukkel al vir meer as ’n maand met ’n tekort aan water in verskeie dele van die hospitaal as gevolg van waterpompe wat uitgebrand het.”

“Die weermagvoertuig en munisipale voertuig wat gebruik word om water na die hospitaal te vervoer, het albei ook gebreek. Terwyl daar ’n mobiele watertenk is, wat nie te ver van die hospitaal staan nie, skep die water situasie steeds ’n groot uitdaging,” verduidelik Louw.

Voots sê hy, net die afgelope naweek is pasiënte huis toe gestuur weens ’n tekort aan water en voedsel. “Daar is verder gister berig dat ’n pasiënt met ’n ernstige longinfeksie nie opgeneem kon word nie as gevolg van die waterkrisis . Ten spyte daarvan dat daar net drie pasiënte in die vroue-afdeling is.”
“Privaat dokters moet ook glo hulle eie water aanry sodat pasiënte geskudeleerde operasies, soos keisersnitte, kan ondergaan. Die hospitaal is verder ook sonder warm water sedert die opening van diẻ fasiliteit, minder as ’n jaar gelede,” vertel Louw.

Die hospitaal gronde het ook agteruitgegaan.

Die hospitaal gronde het ook agteruitgegaan. Louw sê: “Dit is onaanvaarbaar en skandelik dat siek en kwesbare mense nie die gesondheidsorg wat hulle verdien, kan kry nie. Dit weens die wanbestuur van die departement van gesondheid.”

Die De Aar-saak is nie ’n geïsoleerde voorval nie.

“Daar is ook berigte dat die Warrenton-hospitaal vir twee weke sonder water was, ook as gevolg van ’n waterpomp wat gebreek het. Dit is duidelik, net soos met die huidige Eskom-krisis, die chroniese gebrek aan instandhouding dienste op hul knieë bring,” verduidelik Louw.

Louw sê: “Terwyl dit Menseregtedag is, sal daar min wees om te vier. Die mislukte ANC het duidelik vergeet van die mense van hierdie provinsie en die regering oortree mense se regte van alle kante. Dit word gekenmerk deur Premier Sylvia Lucas se onlangse kommentaar op ’n DA-vraag oor die gebrek aan warm water by die hospitaal. ‘Wil pasiënte skoon of gesond wees?’ het sy gevra.”

Sekerlik, wil ons mense nie so ’n regering hê nie?

“As mense nie die 8ste Mei die regte keuse maak nie, sal ons met dieselfde gebroke ANC sit. Slegs verandering onder ’n DA regering sal vir seker dat gereelde instandhouding en opgraderings by gesondheidsfasiliteite gedoen word, wat ononderbroke vir gesondheidsorg vir almal sal sorg,” sluit Louw af.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App