Misdaad neem Galeshewe oor. So sê die DA in die Noord-Kaap. Die DA het vanoggend 12 Februarie 2019 voor die Thlokomela Thusong-gemeenskapsentrum in Galeshewe bymekaargekom om teen misdaad op te staan.
“Galeshewe is een van die top 10-misdaadgeteisterde buurte in die Noord-Kaap. Die buurt is eerste gelys vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, tweede vir seksuele misdade en diefstal. Behalwe vir hierdie skokkende misdaadsyfers word dwelms by die dag ’n groter probleem in die gemeenskap,” sê Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap.
Louw sê: “Die polisie sukkel om die situasie onder beheer te bring en as gevolg slaap ouers met een oog oop en met ’n pot kokende water op die stoof vir selfverdediging teen misdadigers terwyl dié wat dit kan bekostig alarmstelsels installeer het. Elke persoon verdien om veilig te voel in hulle eie huis.”