Polisie arresteer twee vir dwelmhandel

Lees ook :

KURUMAN – Die Noord-Kaapse lede van die georganiseerde misdaadeenheid het op dwelmmiddels tydens ‘n soektog beslag gelê.

Luidens ‘n persverklaring van die misdaadeenheid het die beslaglegging gevolg nadat inligting rakende dwelmaktiwiteite bekend gemaak is. Dié aktiwiteite het glo by onverwante woonadresse in Damrose en in Donaven- en Chapmanstraat, albei in Kuruman, plaasgevind.

‘n 53-jarige vrou wat in Damrose naby Kuruman woon, is gister in hegtenis geneem nadat vasgestel is dat daar voortgesette dwelmaktiwiteite op haar perseel plaasgevind het. Tydens die ondersoek in haar huis is dagga van 1,32 kg met ‘n beraamde straatwaarde van R3 450 gevind.

Verder is ‘n 33-jarige man in Chapmanstraat, Kuruman, in hegtenis geneem nadat hy met crystal meth en geld in sy besit gevind is. Hy was glo ook in besit van 4,1 g crystal meth.

In Donavenstraat is crystal meth van 4,9 g in die vullishoop gevind en geen verdagte kon daaraan gekoppel word nie. Die polisie-ondersoek duur voort.

Albei verdagtes sal op ‘n aanklag van die besit van dwelms in die landdroshof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App