Polisie lê beslag op wapens by skool

Lees ook :

Wapens

Die polisie het vuurwapens by ’n skool in Daniëlskuil tydens ’n klopjag gekonfiskeer.

Klopjagte en veiligheidspraatjies

Die polisie van Daniëlskuil en Postmasburg tesame met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, die skool se beheerliggaam en die departement van onderwys, het vir die afgelope drie dae klopjagte en veiligheidspraatjies by ’n hoërskool in Daniëlskuil gehou.

Vuurwapens gekonfiskeer

Luidens ’n verklaring het die polisie ook besluit om ondersoek in te stel en verskeie messe en gevaarlike vuurwapens is gekonfiskeer.

Twee mense doodgesteek

“Hierdie klopjagte sal voortduur, veral nadat ’n 20-jarige seun van die skool en ’n 23-jarige man doodgesteek is,” sê polisiewoordvoerder, kapt. Sergio Kock. “Hierdie voorval het vroeër die maand tussen twee groepe by ’n nagklub gebeur. Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem wat vandag in die hof sal verskyn.”

Veiligheid is prioriteit

Verder sê Kock: “Die polisie sal aanhou om hulle bande te versterk met die departement van onderwys. Veiligheid moet ’n prioriteit wees.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App