Polisie lê beslag op wapens en dwelms by skole

Lees ook :

Van links: Lt.-kol. Gilbert Dikgetsi, brig. Charlotte Makgari en lt.-kol Isaac Sereetsi met mandrax en dagga waarop beslag gelê is tydens die klopjag.

Die Frances Baard-distrikpolisie, Hartswater-polisie, die honde-eenheid en lugvleuel asook die onderwysdepartement het op Dinsdag 5 Maart 2019 suksesvolle klopjagte op Hartswater uitgevoer.

Kapt. Sergio Kock sê: “Die polisie het tydens ’n klopjag op misdaad by skole beslag gelê op ’n klein sakkie dagga, verskeie messe en ander gevaarlike items wat as wapens gebruik kan word.”

Beweerde dwelmsmous word by woning gevang

“Daarna het die klopjag na ’n pondok te Kutlwana-gemeenskap beweeg waar ’n man (35) in hegtenis geneem is vir die besit van metamfetamien (Mandrax) en dagga ter waarde van R1000,” sê kapt. Kock.

Gereelde onaangekondigde klopjagte sal volg

“Die polisie het op die taxistaanplek toegesak en persone vir dwelms en wapens deursoek. Die polisie in samewerking met die onderwysdepartement gaan voortduurend onaangekondigde klopjagte by skole uitvoer om te verseker leerders ontvang onderrig in ’n veilige omgewing,” sluit kapt. Kock af.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief