Polisie vra hulp van die gemeenskap

Lees ook :

Volgens Sgt Majang Skalkie van die Kagisho polisie doen hulle ‘n beroep op die gemeenskap om hulle te help met inligting rakend twee moorde en een poging tot moord.Een van die insident het op Saterdag,16 Maart 2019 ongeveer 07:00 plaasgevind.

Die liggaam van Avidance Oagile Tlhareseng (24) is op die hoek van Ellen Khuzwayo en Jay Naidoo straat gevind. Hy het ‘n steekwond aan die linkerkant van sy nek gehad.

Die tweede voorval het op Sondag, 17 Maart ongeveer 07:30 plaasgevind. Letlhogo Kevin Matsha (33), is in Nobengulasraat gevind met ‘n steekwond in sy bors.

Ingonyama Street (27),isop 22 Maart deur ‘n onbekende man met ‘n balaklawa geskiet.

Enigeiemand met inligting rakend die drie voorvalle wat tot die inhegtenisneming lei van die vergdate(s), kan die ondersoek beampte Sgt Marcio Capkeys van Kagisho polisie stasie op 082 469 1786 kontak.

Alle inligting sal vertroulik gehou word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief