Polisie vra Kimberliete se hulp

Lees ook :

KIMBERLEY – Die polisie rig ’n versoek aan Kimberliete om te help met inligting in verband met ’n tref-en-trap-ongeluk.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê ’n 30-jarige man het op 23 Januarie 2020 omstreeks 19:30 in Longstraat gaan draf. “Die slagoffer is luidens gerugte deur ’n voertuig net voor Tiger Wheel and Tyre raakgery.”

Die bestuurder van die voertuig het die man raakgery en toe weggejaag.

Die slagoffer het langs die pad gelê. ’n Voetganger het hom gesien en nooddienste gebel. Die slagoffer het ernstige beserings opgedoen.

Hy het ’n wit T-hemp en ’n donker sweetpakbroek aangehad. Hy is tans nog steeds in die hospitaal.

 Enigiemand met inligting kan die speurder, Tracy Gouvea, by 083 236 5942 skakel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief