Politici misbruik leerders by Laerskool Schweizer-Reneke – AfriForum

Na aanleiding van die rasseherrie wat by die Laerskool Schweizer-Reneke losgebars het, het AfriForum politici veroordeel wat dié situasie onmiddellik vir eie gewin uitgebuit het sonder om eers die werklike agtergrond van die foto wat op sosiale media geplaas is, vas te stel. Verskeie politieke partye – insluitend die...

Leerders van Laerskool Schweizer-Reneke is hergroepeer na 'n rasseherrie op sosiale media losgebars het.

Na aanleiding van die rasseherrie wat by die Laerskool Schweizer-Reneke losgebars het, het AfriForum politici veroordeel wat dié situasie onmiddellik vir eie gewin uitgebuit het sonder om eers die werklike agtergrond van die foto wat op sosiale media geplaas is, vas te stel.

Verskeie politieke partye – insluitend die EFF, ANC en DA – het reeds hul opinies gelug en die skool veroordeel sonder ’n deeglike ondersoek om die feite te bevestig. Die leerders is vir die partye se eie ideologiese doelwitte misbruik en aan traumatiese ontruiming blootgestel wat hulle in ’n onaanvaarbare posisie geplaas het.

Volgens Alana Bailey, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, is daar kanale in plek waardeur klagtes oor probleme by skole – insluitend rassistiese optrede – na behore ondersoek kan word en die nodige optrede kan volg. In hierdie geval, na aanleiding van een foto, is blote gevolgtrekkings en selfs dreigemente van geweldpleging gemaak. Dit is duidelik dat die welsyn van geeneen van die leerders enigsins deur die politici oorweeg is of as van belang deur hulle geag word nie en dat hul eerder op die vooraand van die verkiesing op eie politieke gewin fokus.

Bailey het gewys op ander foto’s wat weer aandui dat die klasgroep geroteer het en leerders van verskillende rasse ook saam by die lessenaars in die klas gesit het. “Ongeag die waarheid agter die storie – al die skool se leerders is getraumatiseerd, hulle onderrig is ontwrig en die gemeenskap is gepolariseer. Enige rasionele ondersoek van die feite en bevindings oor die agtergrondgebeure wat die foto’s voorafgegaan het, gaan gevolglik nou deur die emosionele reaksies oorskadu word. Dit gaan moeilik omkeerbare skade by baie laat, wat tragies is,” verduidelik Bailey.

AfriForum het gesê hulle is bereid om traumaberading op versoek aan enige van die betrokke leerders te verleen.

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak