Pragtige dogtertjie van Hopetown speel rugby

Lees ook :

Elize Schlechter (8) van Hopetown speel vir die O/9-span rugby by Hoërskool Hopetown (HSC). FiND iT het die voorreg gehad om haar te ontmoet by Laerskool Eureka se sportdag vanoggend, waar sy in ’n wedstryd teen Eureka gespeel het.

Hoekom wil sy rugby speel?

Sy wil rugby speel, want sy hou baie daarvan en sy word saam met drie boeties groot. Dit is vir haar beter as netbal, want sy kan met die bal hardloop. Sy het vandag saamgekom om te kom speel en te kyk of sy daarvan hou. Sy is nog onseker of sy sal voortgaan om rugby te speel.

Haar afrigter, Arno Badenhorst, is baie trots op haar, so ook haar ouers. ’n Toeskouer, Landi West, wie se kinders ook aan die sportdag deelgeneem het, sê die hele Hopetown is baie trots op haar!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief