Sylvia Lucas, die premier van die Noord-Kaap, het die gemeenskapsbespreking (izimbizo) wat oor misdaad by die Impala-hof woonstelkompleks in Vrystaatweg in Beaconsfield gehou is, bygewoon.
Lucas het een van die oudste inwoners van die buurt, Florence Guys (79), gelukgewens met haar verjaarsdag en het ook ’n bos blomme aan haar oorhandig.
Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester van Kimberley, was ook teenwoordig tussen die skare geel hemde wat die gemeenskapsvergadering bygewoon het.
Die gesprek is met gebede afgesluit waarna besoekers kos ontvang het.