Raadslid op verkragtingsklag vrygelaat: Geregtig om self eerste verskyning te reël

Lees ook :

Die ANC-raadslid wat vandag 14 Februarie 2019 in die streekshof in Kimberley op aanklag van ontvoering en verkragting van twee minderjariges moes verskyn, is vrygelaat omdat hy nie binne die 48 uur spertyd in die hof verskyn het nie.

Die gonsende betoging buite die hof het later die oggend stil geword soos ‘n skare mense binne die hofgebou beweeg het om in die gang voor A-hof te vergader in afwagting op die verskyning van die Sol Plaatje-raadslid.

Kapt. Earnest Kale van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Galeshewe het omstreeks 15:00 bevestig die verdagte is in die aanhoudingselle by die streekshof. “Die ondersoekbeampte konsulteer tans met ’n senior aanklaer en ’n forensiese maatskaplike werker,” verduidelik kapt. Kale.

’n Klerk by die kantoor van die hof het net voor toemaaktyd aan FiND iT bevestig hulle het nog nie die dossier ontvang nie.

Wat sê die wet?

Volgens wetgewing moet enige persoon wat in hegtenis geneem word spoedig tot by ’n polisiestasie geneem word en ook van sy reg tot borgaansoek ingelig word.

Die verdagte moet binne 48 uur na inhegtenisneming voor ‘n hof gebring word. Indien die 48 uur tydperk buite gewone hoftye verstryk, moet die persoon op die volgende hofdag verskyn.

‘n Verdagte mag nie vir langer as 48 uur aangehou word nie. Daarna is dit binne die verdagte se reg om self sy eerste verskyning te reël om sodoende ’n borgaansoek te loods.

Die verdagte se naam kan nie voor sy eerste verskyning in die hof bekend gemaak word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief