Ramaphosa open myn in Noord-Kaap

President Cyril Ramaphosa tesame die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas en verskeie lede van die uitvoerende raad het Vedanta Zinc International se Gamsberg-myn naby Aggeneys in die Noord-Kaap amptelik geopen. Ghaamsberg-myn is deel van Black Mountain Mining en is 30km vanaf...

President Cyril Ramaphosa tesame die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas en verskeie lede van die uitvoerende raad het Vedanta Zinc International se Gamsberg-myn naby Aggeneys in die Noord-Kaap amptelik geopen.

Ghaamsberg-myn is deel van Black Mountain Mining en is 30km vanaf Aggeneys in die Noord-Kaap geleë.

Mylpaal in die mynbedryf

“Gamsberg-myn is nie net ’n mylpaal vir die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika nie, maar ook ’n mylpaal vir die mynbedryf in die Noord-Kaap,” sê Ramaphosa.

Ramaphosa het die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas bedank en gesê die handewerk van die regering in die Noord-Kaap is waarskynlik met die opening van die nuwe myn: “Aan die mense van Namaqualand sê ons baie dankie vir die belegging van julle talent en ook dat julle so hard gewerk het om hierdie projek moontlik te maak.”

“Ek het nog nooit so baie engineers op een plek ontmoet soos hier by Gamsberg-myn nie. Dit is ook vir my ’n eerste om so baie vrouens betrokke te sien in die mynbedryf,” verduidelik Ramaphosa.

Werskepping vir gemeenskap in Noord-Kaap

Ongeveer 2000 nuwe werke sal deur die Gamsberg-projek geskep word. Ramahosa sê Vedanta Zinc International se projek beloop byna R1.4 miljard.

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak