[t4b-ticker]

Rondloperleeu op pad “huis toe”

Lees ook :

Die leeumannetjie wat 27 dae gelede uit die Karoo Nasionale Park in die Wes-Kaap ontsnap het, is op pad terug na sy huis toe.

Die leeu wat ongeveer 200 kg weeg, is vanoggend binne ‘n uur weer verdoof en in ‘n krat gelaai waarna hy teen dié tyd veilig terug in die Karoo Nasionale Park is.

Die leeu is Woensdag sowat 20 km buite Sutherland gevind.

Reynold Thakuli het vroeër aan FiND It vertel die boere het hulle elke dag op hoogte gehou van die spore wat hulle in die veld op hulle plase gesien het. “Ons het ‘n week gelede besef die leeu bly in die Sutherland-omgewing nadat die boere agterkom het hulle vee word gereeld gevang.”

Thakuli sê hulle is baie bly die leeu is gevang en ongedeerd. Ons was bang hy word geskiet.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief