Inwoners van Beaconsfield is woedend oor die stank van rou riool wat by ’n veld in Vrystaatweg opdam en in die straat afloop.
“Die riool stroom soos ’n rivier in die pad af en die reuk is ondraaglik. Ek kry die inwoners by die woonstelblok die meeste jammer omdat hulle langsaan die riooldam moet bly. Die probleem is nou vir ’n geruime tyd nog nie opgelos nie. Iemand help ons asseblief,” vertel ’n inwoner van die area. Sol Plaatje-munisipaliteit se woordvoerder, Sello Matsie, het nie teen die tyd van publikasie terugvoering gelewer op vrae oor die oorsake van die blokkasie of wanneer dit herstel sal word nie.