KIMBERLEY. – Die Sally Aucamp-tehuis vir liggaamlik gestremdes benodig iemand om hulle kaste te herstel.
Evie Brevis, die matrone by Sally Aucamp, sê die agt kamers in die huis het skuifdeure, maar baie sit vas. “Ons kan van die kasdeure nie meer oopmaak nie. Ons wil graag hê iemand moet skarniere aan die deure sit, sodat dit die probleem kan oplos.”‘
Indien enigiemand donasies wil maak of bereid is om te help, kontak asseblief vir Evie by 072 146 9003.