Ses gevangenes, wat in die selle by die Modderrivier-polisiekantoor in aanhouding was, het Vrydag 8 Maart 2019 ontsnap.
Lt.-kol. Dimakatso Mooi sê: “Die ses gevangenes het ontsnap op die oomblik wat hulle na Kimberley vervoer sou word. Al ses gevangenes is in verskillende dele van Rietvale gevind en weer in hegtenis geneem. Die verdagtes is op verskeie klagtes, wat wissel van aanranding tot diefstal, in hegtenis geneem, maar elkeen word nou ook vir ontsnapping aangekla.”
“Die polisie wil graag mense uit die gemeenskap bedank wat gehelp het om die verdagtes op te spoor, asook vir die gemeenskap se voortdurende ondersteuning in die bekamping van misdaad,” sluit lt.-kol Mooi af.