Seun vermoor in Galeshewe vir klere en skoene

Lees ook :

‘n Saak van moord is geopen nadat die lyk van ‘n 17-jarige man op Sondag 31 Maart ongeveer 05:00 gevind is. Hy is met ‘n mes gesteek.

Volgens kapt. Bashoabile Kale is die oorledene deur ‘n groep mans aangeval en van sy skoene en baadjie beroof.

Die verdagtes, wat van die toneel gevlug het, is later met die hulp van die gemeenskap in hegtenis geneem. Na bewering is dit agt meisies en sewe seuns wat deel is van ‘n bende.

Die verdagtes sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.
Brigadier Tlhokomelang Diakanyo, stasiebevelvoerder van die Galeshewe-polisiestasie, het die gemeenskap bedank vir die vinnige optrede wat gelei het tot die inhegtenisneming van die bende.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App