Meer as 25 mense is beseer toe ‘n skoolbus van Rustenburg en ‘n motor op die N12 na Kaapstad gebots het.
André Joemat, waarnemende bestuurder van ER24, sê die motor en die bus het kop-aan-kop gebots. Die persoon in die motor moes deur die “jaws of life” van die nooddienste uit die motor gesny word.
Denise Coetzee, woordvoerder van die Gariep Medi-Clinic, sê altesaam 25 pasiënte is by die noodeenheid van dié hospitaal behandel, waaronder ook die twee afrigters en die skoolhoof. Geeneen van hulle is opgeneem nie.
Die bus het hokkie- en netbalspelers van Shelley Park Hoërskool vervoer. Hulle is almal tussen 15 en 16 jaar oud.

