Sol Plaatje-raadslid in hegtenis geneem vir verkragting van twee meisies 14 en 17

Lees ook :

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Galeshewe ondersoek ’n saak van ontvoering en verkragting van twee meisies 14 en 17 nadat ’n saak by die Roodepan-polisiekantoor geopen is.

Kapt. Earnest Kale van GKS sê na bewering het die Sol Plaatje-raadslid (47) op 8 Februarie 2019 omstreeks 16:00 twee meisies na sy woning in Lerato Park gelok en verkrag. “Die verdagte het na bewering die twee kinders tot Sondag 17:00 aangehou. Die 14-jarige meisie is verstandelik gestrem. Die verdagte gaan Donderdag 14 Februarie 2019 in die hof verskyn. Oa. De Jongh van GKS in Galeshewe ondersoek die saak.”

“Die DA verwelkom die inhegtenisneming van die ANC-raadslid. Dit is skandelik vir ’n raadslid wat deur die gemeenskap verkies is om die veiligheid van die mense en kinders in die gemeenskap te verseker, om by veragtelike misdade betrek te word. Die DA doen beroep op die ANC om die raadslid onmiddellik uit sy posisie te verwyder totdat die hofsaak afgehandel is. Ter wille van die veiligheid van kinders kan die raadslid nie vertrou word om die gemeenskap te lei nie,” sê Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief