KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit is in die proses om sy telefoonstelsel op te gradeer.
Die opgradering word vir hierdie Vrydag, om 15:00, beplan.
Dit sal beteken die telefoonstelsel sal tot en met 24 Junie buite werking wees.
Jy kan die volgende nommer tot tyd en wyl gebruik: 086 076 6940.