Speletjie maak bewus oor flaminke se probleme

KIMBERLEY – Flaminkie, ’n Android-toep, wil mense bewus maak van die probleme waarmee flaminke op ’n daaglikse basis te doen kry. Michael Hawthorne, ’n joernalis by FiND iT, sê hy het die speletjie in sy vrye tyd ontwerp. Hawthorne sê: “Sedert die droogte Kamfersdam vroeg in Januarie 2019 getref...

KIMBERLEY – Flaminkie, ’n Android-toep, wil mense bewus maak van die probleme waarmee flaminke op ’n daaglikse basis te doen kry.

Michael Hawthorne, ’n joernalis by FiND iT, sê hy het die speletjie in sy vrye tyd ontwerp.

Hawthorne sê: “Sedert die droogte Kamfersdam vroeg in Januarie 2019 getref het, het ek oor die flaminke begin berig. Later het ek geleer ’n tekort aan voëlafwykers op die oorhoofse kragkabels by die spoorlyn langs die dam het die dood van 20 jong flaminke veroorsaak.”

“Hulle probleme om te oorleef, het my gepla en ek het vir myself gevra hoe kan ek help?” sê Hawthorne. Hy het sy programmatuurvaardighede aangewend en die idee van Flaminkie het gebroei.

Flappy Bird, ’n Android-speletjie wat vir sy ingewikkeldheid bekend is, was volgens Hawthorne ’n perfekte resep vir die bewusmaking van die probleme wat die flaminke by die dam ondervind.

“Dit vertel die pleidooie van die flaminke in ’n taal wat enigeen met ’n slimfoon kan verstaan. Net soos die speletjie waarop dit gebaseer is, is dit verskriklik moeilik om baie punte aan te teken,” verduidelik hy.

“’n Speler teken ’n punt aan vir elke kragpilaar waaroor jy veilig kan vlieg. Net soos vir die flaminke is dit nie baie veilig of maklik om te vermy nie.”

Hawthorne hoop meer mense sal deur die speletjie van die tekort aan voëlafwykers by Kamfersdam en elders bewus gemaak word.

Gratis vir die eerste 500 persone

Ongeveer 500 kopieë van die speletjie word gratis op die Flaminkie Facebookblad weggegee.

Flaminkie is ook by die Google Play Store te koop. 

Hawthorne sê hy wil ’n gedeelte van die opbrengs van die verkope van die speletjie aan projekte en organisasies wat flaminke beskerm, soos Sankub en BirdLife, skenk.

Groot verskil maak vir die beskermde voëlspesie

Hy sê: “Indien dit groot gaan, kan dit ’n baie groot verskil maak vir die beskermde voëlspesie.”

Die vordering van die toep se verkope gaan maandeliks op die Facebookblad gedeel word. 

Organisasies en persone wat by die beskerming van flaminke betrokke is, word aangemoedig om na die Facebookblad te gaan.

Voorskou

Get it on Google Play

Lees ons vorige berig, Oorhoofse kabels by Kamfersdam veroorsaak probleme vir flaminke.

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak