Sprankelend in liggies

Lees ook :

Wenél van Zyl (17), ‘n matrikulant van Hoërskool Diamantveld, het ‘n ongelooflike getuienis en het die droomrok letterlik in ‘n droom vasgevang.

Getuienis vir Jesus

“Sy het die idee van die rok gekry in ‘n droom waar sy en Liewe Jesus in die Hemel is, op pad na ‘n banket,” verduidelik haar ma, Nelmarie van Zyl. “Sy het geweet sy wou Hom nie uitsluit van die dag nie en dit was vir haar baie spesiaal om die rok te dra.”

Dag en nag gewerk

“Die rok is plaaslik ontwerp en gemaak. Die ontwerpster van die pragrok het die 4de Maart 2019 begin met die rok en het dag en nag gewerk om Wenél se rok ‘n werklikheid te maak.”

27 meter liggies

“My man, Wentzel van Zyl, is tegnies aangelê en het al die bane liggies in serie gekoppel wat deur 3 AA-grootte batterye gewerk het. Die batteryboksie was in ‘n sakkie agter in Wenél se rok vasgewerk. Ons het nie al die liggies getel nie, maar daar was in totaal 27 meter liggies in die rok.”

Wenél se matriekjaar

“Ons besef tyd staan nie stil nie, maar ons is ook baie opgewonde oor haar toekomsplanne en kyk met verwagting na wat God vir haar beplan,” vertel Nelmarie.

Foto’s voorsien deur Nelmarie van Zyl


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief