Staatsamptenaar omgekoop voordat faktuur betaal word

Lees ook :

’n Vroulike staatsamptenaar, in ’n hoë posisie by die gesondheidsdepartement op Hartswater, word ondersoek nadat bewerings van omkopery deur ’n verskaffer teen haar gebring is.

Andrew Louw, DA-premierskandidaat, het tydens ’n mediakonferensie gesê: “Die aantygings teen die staatsamptenaar op Hartswater het te lig gekom nadat ’n kennis my genader het met bewyse van die omkopery.”

Een van die bewysstukke, ’n Captitec oorbetaling van R4000, is na bewering net ’n gedeelte van R10 000 wat deur die staatsamptenaar vereis word voordat ’n faktuur van R101773.66, vir dienste wat reeds aan die departement gelewer is, te prosesseer vir uitbetaling, sê Louw.

“Die verskaffer wag sedert 2017 vir betaling vir groente en vrugte wat aan die departement gelewer is. In totaal het die verskaffer R24 000 in oorbetalings gemaak. Met die laaste geval het die verskaffer nie oor die nodige fondse beskik om die volle R10 000 te betaal nie en die verhouding tussen die verskaffer en die staatsamptenaar het suur geword,” verduidelik Louw.

Louw sê: “Weens die struktuur van die department se verkrygingsprosedures het die beampte waarskynlik nie alleen gewerk nie. Die verskaffer het ingestem om die departement saam met die DA te besoek om die skuldige persoon uit te wys. Die DA gaan vroeg in volgende week ’n oorsig inspeksie by die gesondheidsdepartement op Hartswater loods en gaan ook ’n klag van omkopery by die plaaslike polisiekantoor indien.”

Die korrupsie stop nie daar nie, sê Louw. “Ons gaan binnekort bewysstukke ontvang van ’n soortgelyke bewering van bedrog op Colesberg. Meer informasie volg binnekort,” sluit Louw af.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief