Stappers wil 256.6 km in 10 dae stap om R250 000 vir liefdadigheid in te samel – raak betrokke!

Lees ook :

Foto deur Country Life South Africa. Tankwa Camino.
Foto deur Country Life South Africa. Tankwa Camino.

’n Span van nege stappers beoog om 256.6 km in 10 dae af te lê om geld in te samel vir die Jannie Roux-kinder- en jeugsorgsentrum op Barkly-Wes.

Met behulp van Caritas-gemeenskapsfokus hoop die stappers om die doelwit van R250 000 te haal. Die fondse word benodig vir die instandhouding van die Jannie Roux-kinder- en jeugsorgsentrum se geboue, infrastruktuur en fasiliteite.

Esté van der Merwe, die bemarkingsbestuurder van Caritas-gemeenskapsfokus sê: “Die Jannie Roux-kampus op Barkly-Wes lewer ‘n professionele diens aan alle sorgbehoewende kinders in terme van welsyn en ander wetgewing. Hierdie kampus huisves 85 kinders op ‘n permanente basis met ouderdomme wat wissel van 6-18 jaar. Daar is baie begrotingsbeperkings wat ons in die gesig staar as deel van ‘n nie-winsgewende entiteit. Die gebou by die Jannie Roux-kampus is baie oud en soos met die ou geboue, is die opknapping en instandhouding daarvan van die uiterste belang.”

Befondsing word benodig vir opknapping en instandhouding

Van der Merwe sê: “Nagenoeg  R250 000 is dringend nodig hierdie jaar om lekkende pype te herstel, onderhoud aan die dak te doen, asook die vervanging van die houtvloer in die eetkamer. Ons as Caritas-personeel besef dat Jannie Roux-kampus nooit in staat sal wees om hierdie bedrag op hul eie in te samel nie. Ons het onsself afgevra: ‘Hoe kan ons help?’  En daar is besluit om 256.6 km in 10 dae te stap!”

Hoekom die Tankwa Camino?

“Die Tankwa Camino is ‘n hedendaagse “Groot Trek” wat stappers neem deur een van die pragtigste areas van ons land, die Tankwa Karoo. Dit is ook hier waar die grens tussen twee provinsies gekruis word op die langste grondpad in Suid-Afrika –  ‘n pad wat twee aangrensende dorpe verbind – Calvinia en Ceres. Volgens vorige stappers is innerlike krag, ‘n sterk gees en deursettingsvermoë essensieel vir hierdie stap. Dit is ook die rede waarom dié camino deur soveel beskou word as ‘n geestelike pelgrimstog en ‘n toets van fisiese uithouvermoë. Daar word gesê dat die uitdaging is om elke oggend vir 10 dae op te staan en ‘n gemiddelde van 27 km per dag te stap – ‘n toets van die vermoë van enige fikse stapper,” verduidelik Van der Merwe.

Die span vir Caritas:

  • Este van der Merwe – Caritas-gemeenskapsfokus bemarkingsbestuurder.
  • Judith de Villiers – Caritas-gemeenskapsfokus programbestuurder gemeenskapsontwikkeling.
  • Dana Snyman – Die bekroonde Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en dramaturg.

Dan gaan die volgende persone ook in hul privaat hoedanigheid geld insamel deur te stap. Hulle is:

  • Erna Oosthuizen
  • Joanita Becker
  • Johan van der Merwe
  • Tharina van Tonder
  • Anri Holder
  • Ezbé Zwiegers

Tankwa-roete

DagAfstandVanVerwysingspunt NaVerwysings-
punt
122.5CalviniaS31 ° 47,532 ‘E19 ° 77,174’BoskloofS31 ° 38,741 ‘E19 ° 44,347’ 
228.2BoskloofS31 ° 38,741 ‘E19 ° 44,347 ‘KleinbrakS31 ° 51,652′ E19 ° 44,683 ‘
327.2KleinbrakS31 ° 51,652′ E19 ° 44,683 ‘WitkloofS32 ° 04,512′ E19 °41,994 ‘
426.3WitkloofS32 ° 04,512′ E19 ° 41,994 ‘Onder-StompiesfonteinS32 ° 17,350′ E19 ° 39,671 ‘
528.3Onder-StompiesfonteinS32 ° 17,350′ E19 ° 39,671 ‘WitwalleS32 ° 31,481′ E19 ° 41,471 ‘
629.1WitwalleS32 ° 31,481 ‘E19 ° 41,471’GrootdamS32 ° 46,503 ‘E19 ° 44,819’
727.3GrootdamS32 ° 46,503 ‘E19 ° 44,819’BeukesfonteinS33 ° 00,455 ‘E19 ° 46,268’
821,3BeukesfonteinS33 ° 00,455 ‘E19 ° 46,268’KaroopoortS33 ° 13,081 ‘E19 ° 42,207’
931.4KaroopoortS33 ° 13,081 ‘E19 ° 42,207’RhodonaS33 ° 17,916 ‘E19 ° 26,079’
1015RhodonaS33 ° 17,916 ‘E19 ° 26,079’CeresS33 ° 21,555 ‘E19 ° 18,325’

Totale afstand: 256.6 km

Die koste vir die Tankwa sluit die volgende in:

  • Ontmoet-en-groet-aandete op die aand voor die tyd by Calvinia-moederkerk
  • Vervoer van bagasie langs die roete
  • Ondersteuningsvoertuie en ‘n span wat saam met stappers reis
  • Koffie / tee / melk / suiker vroegoggend en na ete
  • Daaglikse seisoenale vrugte
  • Versnapering by aankoms by die basiskamp elke dag (Boere-high tea)
  • Daaglikse aandete (potjiekos of braai, potbrood met kaiings,  stroop en tuisgemaakte konfyt)
  • Warm water sal beskikbaar wees met aankoms by elke oornagkamp vir wasdoeleindes.
  • Stappers is beperk tot 5 liter per dag vir was. Geen storte toegelaat.
  • Daaglikse drinkwater
  • Sluitingseremonie met ‘n ligte middagete en drankies by Ceres-museum
  • Tankwa Camino-sertifikaat

So kan jy betrokke word

  • Stappers kan geborg word teen R1 per kilometer of R260 eenmalig
  • ‘n Donasie te maak ten opsigte van die stap (‘n 18A-sertifikaat is ook beskikbaar)
  • Besighede kan ook hul logo en webtuiste op die T-hemde wat ons gaan dra oor die 10 dae laat druk (elke T-hemp sal twee van die 10 dae deur die span gedra word).

Bankbesonderhede vir borge

Caritas Gemeenskapsfokus
FNB Kimberley tjekrekening
Rek. nr. 62475478197
Verwysing: ‘stap’

Vir meer inligting skakel 082 572 3900 of stuur ‘n e-pos na marketing@caritas.org.za.

Kyk ook gerus op die Tankwa se webtuiste, www.tankwacamino.com, of op hul Facebook-blad.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App