Stop dié verkragting-speletjie!

Lees ook :

Avon Suid-Afrika sê hulle ondersteun ’n petisie om die omstrede ‘Rape Day’-rekenaarspeletjie, wat onder andere die verkragting van vroue uitbeeld, in Suid-Afrika te verban.

Die petisie wat op 21 Maart deur 1000 Woman Trust geloods is, wil alle videospeletjies wat geweld op vroue uitbeeld in Suid-Afrika verban. Katlego Modipane, ’n woordvoerder by Avon sê: “Ons kan eenvoudig nie toekyk, terwyl platforms misbruik word om geweld op vroue uit te beeld en te verheerlik nie. As verantwoordelik burgers is ons, by Avon, vasbeslote om vroue te beskerm.”

Voorts sê hy: “1000 Woman Trust werk onverpoos om lig te werp op die geweld teen vroue. Ons ondersteun die petisie ten volle.” Intussen het Steam, ‘n rekenaarspeletjie-platform wat deur die rekenaar-speletjie uitgewer, Valve, besit word, het op 6 Maart aangekondig hulle gaan nie ‘Rape Day’ op hulle platform vrystel nie.

“Nadat ons die feite oorweeg en bespreek het, het ons gevoel die speletjie hou ’n onbepaalde risiko in. Ons het daarom besluit om nie die speletjie op Steam beskikbaar te stel nie,” het die uitgewer in ‘n persverklaring gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief