Swaai-ongeluk: meisie op ventilator

Lees ook :

Zoe Uithaler (10) wat in die Gariep Mediclinic is sedert Saterdagaand nadat sy bo-op ’n swaai geval het wat omgeval het, is aan ’n ventilator gekoppel.

Yvonne Botha, Zoe se ouma wat haar grootgemaak het, sê  dit gaan vanoggend effe beter met haar kleinkind, alhoewel die ventilator steeds vir Zoe met tye asemhaal . “Sy is steeds bewusteloos, maar van tyd tot tyd haal sy self asem,” sê Botha aan FiND iT.

Lauren Nylambi en haar familie woon op die perseel van Korrektiewe Dienste in Schmidtsdrift, Kimberley. Die kinders het in die parkie langs Nylambi se huis gespeel toe die voorval gebeur het. “Hulle was besig om op die swaai te speel toe Zoe afval,” vertel Nylambi.

Nylambi voer aan dat die swaai nie stewig vasgemaak was in die grond nie. Zoe se nefie was besig om haar heen en weer te stoot toe die swaai omval en Zoe agterna bo-op die swaai val met haar voorkop wat die ysterpale eerste tref.

Nylambi vertel dat Zoe blou in die gesig geraak het en dat haar gesig byna dadelik begin swel het.

Zoe is in ’n kritieke toestand deur ER 24 na Gariep Mediclinic geneem waar sy in die hoësorgeenheid opgeneem is.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief