Swaai tragedie: Toestand verbeter

Zoe Uithaler (10) wat sedert Saterdag aan ’n ventilator gekoppel is, se toestand is vandag beter. Zoe het in die hoë sorgeenheid van Gariep Mediclinic beland nadat sy op ’n swaai geval het wat na bewering nie stewig vas in die grond was nie. Hierdie klein vegtertjie het by...

Zoe Uithaler (10) wat sedert Saterdag aan ’n ventilator gekoppel is, se toestand is vandag beter.

Zoe het in die hoë sorgeenheid van Gariep Mediclinic beland nadat sy op ’n swaai geval het wat na bewering nie stewig vas in die grond was nie. Hierdie klein vegtertjie het by haar ouma, Yvonne Botha grootgeword. Die voorval het Saterdag laatmiddag gebeur op korrektiewe dienste se gronde, waar die familie woon.

Langs haar bed

Zoe se ma, Lathicia Trom, het Woensdagmiddag langs Zoe se bed aan FiND iT gesê sy het haar doodgeskrik toe Lauren Nyambi, Zoe se tannie haar Sondag van die voorval vertel. “Ek het my kind nog nooit so gesien nie,” sê Trom. “Maar ons het gebid en ons gebede het gehelp.”

Het al met ma gepraat

Trom vertel dat daar sedert vanoggend baie verbetering is. Alhoewel Zoe steeds aan die ventilator gekoppel is, het sy glo al vandag met tye met haar ma gepraat. “Sy het vir my gesê, ‘mammie ek is vrek honger’, vertel Trom verlig.

Kyk: Winkelsentrum in Lesotho loop onder storm deur

NB-Uitgewers maak wenners van jeugromankompetisie bekend

Daily lotto uitslae vir 15 April 2024

Ray en sy Jessica vier sewende huweliksherdenking

Ietermagog van onwettige handel gered

Kyk: Donderstorms saai verwoesting in Margate

Skuil daar slange in jou huis?

Twee seuns verdrink tydens skooluitstappie

Radio-omroeper se debuut in tweede druk

Rudi Claase stel ‘Afrikaans het Gees’ weens swak gesondheid uit

Seun se familie opgespoor

Twee vir ‘knopkieriemoord’ in aanhouding

Werner de Jager in tronk dood

Werksgeleentheid: Logistieke Bestuurder

Werksgeleentheid: Finansiële Bestuurder

Man wat met dubbelmoord-ondersoek kan help, gesoek