Tafel Lager weereens Griekwas se borg

Lees ook :

Die president van GWRU, mnr. Jannie Louw, het Vrydagaand tydens ‘n spoggeleentheid te Tafel Lager Park in Kimberley bekend gemaak dat Namibiese Brouerye vir ‘n derde agtereenvolgende jaar Griekwas se hoofborg gaan wees.

Louw het as besigheidsvennoot sy dankbaarheid teenoor NBL uitgespreek en spesiaal melding gemaak van die waarde wat die twee besighede tot mekaar toevoeg.

Hy het ander besighede uitgenooi om van die besigheidsgeleenthede wat Griekwas bied, vir die vestiging van ‘n handelsmerk, gebruik te maak.

Louw het ook aan die 550 gaste tydens die geleentheid genoem om ‘n professionele span te kan huisves op die platteland, ‘n enorme voorreg is.

Hy het daarop gewys dat as ander besighede, sowel as die provinsiale regering, nie betrokke gaan raak by die finansiële ondersteuning van die span nie, sal die sport nie as ‘n ekonomies lewensvatbare model bedryf kan word nie.

Louw het sy dankbaarheid teenoor alle ander borge, ondersteuners en personeel uitgespreek. Hy het hul by voorbaat bedank vir hul harde werk en ondersteuning vir die komende seisoen.

Hy het ook tydens die geleentheid vir mnr. Wessie van der Westhuizen, wat uittree as besturende direkteur van NBL, bedank en sterkte toegewens vir sy taak as HUB van die Olthaver & List Groep waarvan NBL ‘n filiaalmaatskappy is.

Van der Westhuizen word opgevolg deur mnr. Marco Wenk.

Louw het melding gemaak van die ongelooflike passie waarmee die hele NBL-span betrokke is by Griekwas en sy dank vir die afgelope twee jaar uitgespreek.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App