Tankwa Camino – stap 256,6km oor 10 dae

Lees ook :

Caritas se kinder- en jeugsorgsentrum – die Jannie Roux-kampus in Barkly Wes – lewer ‘n professionele diens aan alle kinders wat sorg nodig het in terme van die Wet op Kindersorg en ander wetgewing, daarom het Cell C en FiND iT besluit om deel van die borge te wees.

Begrotingsbeperkings

“Hierdie kampus huisves 85 kinders van 6 tot 18 jaar op ‘n permanente basis. As ‘n nie-winsgewende entiteit is daar baie begrotingsbeperkings wat ons in die gesig staar. Die gebou is baie oud en soos met ou geboue, is opknapping en instandhouding van die uiterste belang. Ongeveer R250 000 is in 2019 nodig om lekkende pype reg te maak, onderhoud aan die dak te doen, asook om houtvloere in die eetkamer te vervang,” verduidelik Esté van der Merwe, die bemarkingsbestuurder by Caritas.

Fondsinsameling

“As Caritas-personeellede het ons besef dat ons nooit hierdie soort geld op ons eie sal kan insamel nie en het ons onsself begin vra – hoe kan ons help? En dit is toe besluit om 256,6 km deur die Tankwa Karoo oor ‘n periode van 10 dae te stap.”

Geestelike bedevaart

“Die Tankwa Camino is ‘n hedendaagse “Groot Trek” wat deelnemers deur een van die mooiste en pragtigste dele van ons land, die Tankwa Karoo, sal neem, maar volgens vorige wandelaars sal innerlike sterkte en ‘n sterk verstand jou op die regte spoor hou. Daarom word die Camino as ‘n geestelike bedevaart beskou, aangesien dit ‘n toets van fisiese uithouvermoë is,” verduidelik sy.

Dana Snyman

“Dana Snyman, die bekroonde Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en dramaturg, het besluit om sy volle gewig agter hierdie projek te gooi en sal by ons aansluit op hierdie staptog. Dana, wat sowat 40 000 Facebook-aanhangers het, sal ook die onverbiddelike son, wind, koue, blase, seer voete en uitputting moet verduur.”

Bewusmaking

“Die doel is om bewusmaking van die toestand van die Jannie Roux-kampus deur hierdie staptog vanaf 23 Augustus tot 1 September 2019 aan te pak en ons sal enige borge of skenkings waardeer,” sê sy.

Vir meer inligting kan julle vir Esté van der Merwe kontak by marketing@caritas.org.za

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App