Taxi tref vrou

Lees ook :

Die polisie in Kimberley ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat ’n vrou Saterdag in Schmidtsdriftweg raakgery is.

Kaptein Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die vrou is Saterdagmiddag deur ’n taxibestuurder net voor die Riviera Spar omgery.

Die taxi-bestuurder beweer dat die vrou oor die pad gehardloop het en hy het haar glo te laat gesien. ’n Ander ooggetuie beweer die vrou het agter ’n kind aan oor die pad gehardloop.

Die vrou is nie ernstig beseer nie en is hospitaal toe geneem vir behandeling en skok, maar is nie opgeneem nie.

Die polisieondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief