Tekkie Tax-dag – kikker jou tekkies op

Dit is amptelik. Die internasionale Tekkie Tax-dag is om die draai en hierdie jaar sal julle mezzz-merized wees met dit wat op julle wag. Tekkie Tax het ’n bekende naam geword oor die afgelope ses jaar. Hierdie jaar se Tekkie Tax-dag word gevier op 31 Mei 2019 en jy...

Dit is amptelik. Die internasionale Tekkie Tax-dag is om die draai en hierdie jaar sal julle mezzz-merized wees met dit wat op julle wag.

Tekkie Tax het ’n bekende naam geword oor die afgelope ses jaar. Hierdie jaar se Tekkie Tax-dag word gevier op 31 Mei 2019 en jy moet seker maak jy is behoorlik ge-tekkie-tized, soos Andries van der Merwe dit noem.

Dit is so maklik soos een, twee, drie.

Kies jou plakker vir ’n saak naby aan jou hart. Jy kan met ‘n plakker van hoop diere kies, kinders, gestremdhede en opvoeding.

Kikker jou tekkies op met splinternuwe Takkie Tax-hickie skoenveters.

En daar is jy reg vir die internasionale Tekkie Tax-dag.

“Tekkie Tax-dag is besig om een van Suid-Afrika se gewildste fondsinsamelingsveldtogte te word, waar daar vir meer as 300 plaaslike welsynorganisasies fondse ingesamel word,” sê Andries. “Die veldtog is pret, uniek en baie suksesvol.”

Kostes:

Plakkers / Tattoes @ R10 elk
Tekkie Tax button @ R15
Tekkie Tax hickie skoenveters @ R40 vir  stel van tien (2 x 5 kleure)
T-hempde: 2019 Black Campaign T-hemp @ R100 vir volwassenes en R80 vir kinders.

Om jou bestelling te plaas, kontak Andries by 084 242 2220.

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde

Vrou sterf tydens tref-en-trap

Buurman skuldig nadat buurmeisie (13) geboorte skenk

Paar vir versekeringsbedrog en geldwassery gevonnis terwyl een in tronk is

Lotto uitslae vir 13 April 2024

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol