The Bachelor Suid-Afrika: moet dit nie mis nie!

Lees ook :

As jy glo in die liefde en ‘n sucker is vir romatiese reekse, dan moet jy elke Donderdag 19:00 voor die televisie inskuif vir die eerste seisoen van The Bachelor Suid-Afrika.

Die gewilde realiteitsreeks het op 14 Februarie op Suid-Afrikaners se televisie begin draai.

Dis heel gepas dat die realiteitsprogram, wat oor ‘n bachelor gaan wat liefde probeer vind, op Valentynsdag begin het.

M-Net het in Oktober die bachelor, Lee Thompson (30) , voormalige Sharks-rugbyspeler, model en entrepreneur, aangekondig nadat hulle in Julie verlede jaar belowe het dat Suid-Afrika sy eie The Bachelor- realiteitsprogram gaan hê.

Tydens Donderdagaand se episode het Thompson 25 enkellopende vroue ontmoet wat almal ‘n kans vat op liefde en om moontlik hulle lewensmaat te ontmoet.

Lee en die vrouens gaan elke week op romantiese afsprake in verskillende dele van Suid-Afrika. Hy verminder sy opsies stelselmatig, totdat hy die perfekte lewensmaat gekry het, wat gewoonlik eindig met ‘n verlowing.

In ‘n onderhoud het Lee verklap dat hy wel liefde gevind het tydens The Bachelor.

Lee sê dat hy ‘n mooi hart, iemand wat omgee en vriendelik is in ‘n lewensmaat soek. Hy voeg ook by dat sy moet kan pret hê en hou van lag, iemand wat vir hom aantreklik is en by wie hy net homself kan wees, gemaklik mee kan voel.

Die gewilde realiteitsprogram word al vir 22 seisoene in Amerika vervaardig en die reeks is in meer as 30 lande te sien. The Bachelor was in 2017 die bekendste reeks in Amerika, Kanada, Duitsland, Nieu-Seeland, Swede, Finland, Rusland en Switserland.

The Bachelor SA begin 14 Februarie om 19:00 op M-Net kanaal 101.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief