Tienerseun se droom bewaarheid toe hy rugbyspelers ontmoet

Lees ook :

Neo*, ’n tienerseun van Bophelo-kinder- en jeugsorgsentrum, se droom het waar geword toe hy die Griekwas-spelers ontmoet en ’n tuiswedstryd gaan kyk het.

Roxanne Thomspon, ’n vrywillige werker en projekkoördineerder by die Bophelo -sentrum, sê hy het ’n belangstelling vir rugby ontwikkel toe hy by Laerskool Staats begin het. “Hy het nie veel van rugby geweet nie, maar ons het die Griekwas ondersteun by elke tuiswedstryd wat hulle gespeel het. Neo se passie vir rugby het gegroei en hy het meer oor die sport geleer deur na hulle wedstryde te kyk,” sê Roxanne.

“Hy kyk op na elke speler. Sodra Neo ’n Griekwas-speler sien, stap hy na hom toe en groet hom met ’n groot glimlag en ’n stewige handdruk.

Leigh Meyer, wat in die Bophelo-komitee dien, het met die hulp van haar verloofde, Scott Mathie, die Griekwas se assistent-afrigter, die nodige reëlings getref.

“Ons het dit ’n verrassing gehou. Ons het vir Neo en twee van ons ouer meisies gesê ons gaan net na die wedstryd kyk. Die afrigters het reeds by die stadion vir ons gewag. Hulle het Neo die stadion gewys en hom na die kleedkamers geneem om al die spelers te ontmoet. Hulle het hom deel gemaak van die spanpraatjie en vir hom ’n Griekwas-geskenkpak gegee,” sê Leigh.

Neo en die meisies het toe na die wedstryd teen die  Leeus vanuit die Griekwas-losie gekyk.

Thompson sê sommige van die Griekwas-spelers het voorheen al die Bophelo-sentrum  besoek en maak maandeliks skenkings.

***FiND iT het ’n skuilnaam vir die tiener gebruik omdat hy minderjarig is.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief