Toename in damvlakke in die Noord-Kaap, maar Kareedam ’n bekommernis

Lees ook :

NOORD-KAAP – Die departement van water en sanitasie in die Noord-Kaap sê hulle weeklikse statistieke dui op ’n toename in die damvlakke in die provinsie, maar maan verbruikers om steeds water spaarsamig te gebruik.

Die Kareedam, wat Calvinia van water voorsien, is tans 22.8% vol. Die departement se dit is ’n duidelik aanduiding van die droogtetoestande wat die Noord-Kaap trotseer.

Waterberging in die provinsie staan tans op 84.4% (124.3 miljoen m³) wat ‘n styging vanaf 82.3% van verlede week is.

Die Douglasdam, in die Vaalrivier, is 105.9% vol. Boegoebergdam staan op 94.6%, Spitskopdam op 77.7% en Vaalhartsdam op 83.7%.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief