[t4b-ticker]

Toyota onttrek as borg by Afrikaans is Groot

Lees ook :

Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) en die organiseerders van die Afrikaans is Groot konserte (AIG) het gesamentlik besluit dat TSAM hul borgskap teen einde Maart 2019 met AIG te beëindig. Dit is ook wanner die AIG seisoen 2018 eindig.


Dít volg nadat MTN ook vroeër aangekondig het dat hy sy bande met die AIG-handelsmerk breek, omdat die sager Steve Hofmeyr by die konserte optree.

TSAM is sedert 2015 een van die borge van die produksie en sê (jy mis gereeld die kappie) dat dit voordelig was vir albei partye om die borgskap te beëindig.

Luidens ’n verklaring van TSAM is hulle ten volle verbind tot die ontwikkeling van kuns en kultuur. “Ons sal voortgaan om ander kreatiewe en musikale gebeure te ondersteun wat diversiteit en sosiale samehorigheid in die land bevorder.”

Hulle beklemtoon dat hulle verbind sal bly tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van ‘n vreedsame Suid-Afrika.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief