VSA. – Donald Trump het gesê hy gaan nog meer tariewe op Kanada en die Europese Unie instel na dié lande tariewe op Amerikaanse goedere verhoog het in reaksie op sy instel van tariewe op ingevoerde staal en aluminium.
Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin
Hy het gesê “natuurlik” gaan hy nog tariewe instel en hy het gedreig met nog meer tariewe vir ander lande ook. Trump het gesê “watookal hulle ons vra, sal ons hulle vra”.
Dit volg na Trump Woensdag tariewe van 25% op die invoer van staal en aluminium geplaas het en vrystellings wat sekere lande gehad het om die goedere in te voer, verwyder het.
Vroeër die maand is tariewe van 20% ingestel op Chinese produkte wat ingevoer word.
Trump wil ook tariewe op nog meer items, insluitend koper, hout en voertuie, hef.
Kanada het gister aangekondig dit gaan 25% belasting vra vir Amerikaanse produkte. Die Europese Unie gaan vanaf 1 April tariewe op alle Amerikaanse produkte verhoog.
Bronne: BBC, CBC News, Euronews
Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin