INTERNASIONAAL. – ‘n Turkse militêre vragvliegtuig het gister naby die Azerbeidjan-Georgië-grens neergestort. Turkye se verdedigingsminister het gesê daar was 20 mense op die vliegtuig wat op pad van Azerbaijan na Turkye was.
Lees ook: Dodetal styg nadat vragvliegtuig in Kentucky ontplof
Dit is onbekend hoeveel mense dood is, maar reddingswerk is aan die gang op die toneel.
Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het sy medelye vir “ons martelaars” uitgespreek.
Volgens die BBC het Georgië se lugvaartowerheid gesê die vliegtuig het van die radar af verdwyn sonder om vir hulp te vra. Turkye het gevra dat geen foto’s of video’s van die ongeluk geplaas word nie uit respek vir die slagoffers en hulle families.
Bronne: BBC, DW, PBS
Lees ook: 7 mense dood toe vragvliegtuig ontplof





