Twee gewapende mans tydens huisbraak in Kimberley-noord betrap

Twee mans, onderskeidelik 35 en 26 jaar oud, het vandag 13 Februarie 2019 in die Kimberley-streekshof verskyn op aanklag van diefstal en huisbraak. Die twee verdagtes is op ’n eiendom in Kimberley-noord betrap. Die polisie is ontbied en een van die verdagtes is deur die polisie geskiet en gewond...

Twee mans, onderskeidelik 35 en 26 jaar oud, het vandag 13 Februarie 2019 in die Kimberley-streekshof verskyn op aanklag van diefstal en huisbraak.

Die twee verdagtes is op ’n eiendom in Kimberley-noord betrap. Die polisie is ontbied en een van die verdagtes is deur die polisie geskiet en gewond nadat hulle probeer weghol het. Gesteelde goedere, ’n tuisgemaakte spies, drie kombuismesse en dwelmparafernalia was in hulle besit gevind.

Die hof het albei mans se aansoek om borg van R300 geweier omrede hulle onderskeidelik ’n saak van moord en diefstal voorheen teen hulle gehad het.

Die saak is tot Vrydag 15 Februarie 2019 uitgestel.

Laura Wolvaardt teken meeste punte sover by ODI aan vir Proteas

Vandag is Wêreldkunsdag

Kan jy die naam van Bernice se volgende enkelsnit raai?

Man van Kroonstad sedert fratsvloede vermis

Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld

Man verdrink op Saldanhabaai

Dink mooi voordat jy ’n onderwyser word

Christine van OME! deel verlowingsvideo

Voetgangers sterf toe voertuig in hulle inploeg

KYK: Dirk van der Westhuizen se hartroerende besoek aan kankerpasiënt

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde