Twee in hegtenis vir dwelmhandel

Lees ook :

NOORD-KAAP. – Twee mans is vir handel in dwelms in hegtenis geneem.

Lt. kol. Dimakatso Mooi sê die Hopetown-polisiekantoor het inligting opgevolg wat hulle tot die ontdekking van 75 mandrax-tablette gelei het. “Die tablette is tussen die dakplate van die verdagte se shantie gevind. ’n Onbekende bedrag geld is ook gekonfiskeer en die verdagte is vir dwelmhandel gearresteer.”

Die polisie in Wrenchville, naby Kuruman, het op ‘n afsonderlike voorval ‘n manlike verdagte in hegtenis geneem vir die handel in dwelms, nadat tik en mandrax tydens ’n stop en deursoek-operasie by hom gevind is.

Albei verdagtes sal binnekort in die landdroshof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App