Twee mans is vanoggend in hegtenis geneem nadat hulle na bewering by ‘n huis in Herlear ingebreek het.
Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes het na bewering koper ter waarde van ongeveer R2000 gesteel.
Die verdagtes sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.