Twee meisies glo op pad na Kempton Park

Twee meisies van Kimberley word steeds vanaf vanoggend 10:00 vermis. Jeneské Conradie en Tanya Herholdt, leerlinge aan die Hoërskool Diamantveld, word sedert vanoggend 10:00 vermis. Jeneské se ma, Antoinette, sê aan FiND iT haar dogter is nog nie gekry nie. Tanya se ma, ook Antoinette, sê aan FiND iT...

Twee meisies van Kimberley word steeds vanaf vanoggend 10:00 vermis. Jeneské Conradie en Tanya Herholdt, leerlinge aan die Hoërskool Diamantveld, word sedert vanoggend 10:00 vermis.

Jeneské se ma, Antoinette, sê aan FiND iT haar dogter is nog nie gekry nie.

Tanya se ma, ook Antoinette, sê aan FiND iT haar suster in Kempton Park het aan haar gesê die meisies is op pad soontoe toe met ’n bus.

“Die welsyn sal hulle more na ons toe terugbring, maar hulle moet eers gekry word. Ons kon nog nie bevestig of hulle wel op ’n bus is nie.”

Sy sê hulle is rasend van bekommernis.

Jeneské se ma kan by 081 426 2892 en Tanya se ma kan by 083 928 3152 gebel word.

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde

Vrou sterf tydens tref-en-trap

Buurman skuldig nadat buurmeisie (13) geboorte skenk

Paar vir versekeringsbedrog en geldwassery gevonnis terwyl een in tronk is

Lotto uitslae vir 13 April 2024

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol