Twee verdagtes in hegtenis geneem vir verkragting en moord

Noord-Kaap – ‘n Vyftienjarige seun en ‘n 24-jarige man is op Prieska deur lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in hegtenis geneem. Dit volg na aanleiding van die beweerde verkragting en moord op ‘n vrou in haar vroeë 30’s. Luidens ‘n polisieverklaring het die...

Noord-Kaap – ‘n Vyftienjarige seun en ‘n 24-jarige man is op Prieska deur lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in hegtenis geneem. Dit volg na aanleiding van die beweerde verkragting en moord op ‘n vrou in haar vroeë 30’s. Luidens ‘n polisieverklaring het die slagoffer huis toe geloop en die verdagtes het haar voorgekeer en na ‘n nabygeleë tuin gesleep. Hulle het glo beurte gemaak om haar te verkrag. ‘n Verbyganger het die slagoffer hulpeloos en halfnaak gevind.

Volgens die polisie was sy aangerand. Alhoewel sy mediese hulp ontvang het, het sy aan haar beserings beswyk. Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie leidrade opgevolg het. Die verdagtes sal na verwagting môre op ‘n aanklag van verkragting en moord in die Prieska-landdroshof verskyn.

Jou vergaderings sal glad verloop by die Horseshoe Inn

Navorsing bevind Nestlé sit suiker in babakos in armer lande

Met Chery se voertuie sal jy ‘n verskoning soek om rond te ry

Kenia se weermaghoof sterf in helikopterongeluk

Bela vir skole in SA sal waarskynlik aanvaar word ondanks sterk teenkanting

Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?

Coca-Cola kan 400 werkers afdank na konstitusionele hof se besluit

Rubberkoeëls geskiet nadat Nigeriërs polisie glo in Kimberley aanval

VSA beweer Israel het Iran aangeval

Daily lotto uitslae vir 18 April 2024

Verdagte druk per ongeluk paniekknoppie tydens huisroof

Nadal by Barcelona Ope uitgeskakel

Slang veroorsaak oponthoud in Japanse treinstelsel

Wêrelderfenisdag: Was jy al by SA se wêrelderfenisgebiede?

Vrou sterf na sy in aanhoudingselle brand

KYK: Misdaadtoneel, twee persone afsonderlik doodgeskiet