Vasgevangde kameelperd: hier is die oorsaak van sy dood.

Lees ook :

Mense regoor Suid-Afrika was geraak deur die kameelperd wat in Olifantsrivier op ‘n eiland vasgevang was.

Nadat die Kruger Nasionale Wildtuin die nuus gedeel het, was daar gemengde gevoelens tussen mense wat op die post gereageer het oor of die kameelperd gered moet word en of die natuur sy gang moet gaan. Die kameelperd was vir ses dae op die eiland voor hy dood aangetref is.

Ike Phaahla, woordvoerder van die Kruger-wildtuin, het vroeër aan FiND iT gesê dat “die natuur moet sy gang moet gaan. Ons het gehoop dat die water sou opdroog en die kameelperd ongedeerd daar sou uitloop.”

Vol rivier

Daar was baie spekulasies oor die veroorsaak van die baie water in die rivier, wat veroorsaak het dat die kameelperd gestrand was. “Die twee groot redes hiervoor is vermoedelik ‘n damwal in Mozambique wat oop was en die water wat ewe skielik die Olifants rivier volgemaak het. Die baie reën van die afgelope tyd kan ook een van die redes wees,” beaam Phaahla.

Phaahla sê dat dit onverklaarbaar is hoekom die kameelperd nie van die eiland probeer afkom het toe die water gesak het nie.

Oorsake van sy dood

Op die 2de Februarie is die kameelperd dood op die eiland aangetref. “Tot en met nou, het ons geglo dat die kameelperd dood is weens dors of honger,” sê Phaahla.

Volgens Phaahla het die ou bul, wat gestrand was en ‘n jonger dominante kameelperd omstreeks 05:30 op die 2de Februarie baklei. “Tydens die bakleiery het die jonger bul die ouer bul omgestamp. Die jonger bul het sonder enige moeite deur die water geloop en die eiland verlaat,” vertel Phaahla.

Sekondes later is die ouer bul deur ’n groot krokodil doodgemaak.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief